Arbeidsterapeut
Occupational Therapist
werk met volwassenes
Arbeidsterapie in die wêreld van die volwassene
Die gevolge van ontwikkelingsagterstande en/of gebreke strek dikwels dwarsdeur die kind se kinderjare tot in volwassenheid. Hierbenewens is daar ook nuwe omstandighede wat ontstaan waarin die volwasene moet aanpas, byvoorbeeld wanneer ‘n been in ‘n motorongeluk verloor word, in ‘n huwelik getree word, beroerte jou lewe verander, gevorderde artritis beweging moeilik maak, ensovoorts. In al hierdie situasies is die rol van die arbeidsterapeut om die persoon te help om binne die omstandighede so funksioneel as moontlik te wees.
Hierdie uitgangspunt impliseer dat arbeidsterapie aan die volwassene net so ‘n wye wêreld as arbeidsterapie aan die kind behels. En dan nog ‘n klompie ekstra daarby. Dis juis hierdie wye spektrum van moontlikhede wat arbeidsterapeute laat kies om net in sekere areas te spesialiseer.
Die fokus van hierdie privaatpraktyk lê in drie areas:
1. Hulp om haakplekke met sensoriese integrasie te oorkom
Wanneer arbeidsterapeute kinders se probleme met sensoriese integrasie vir die ouers verduidelik, hoor hulle dikwels: “Dis presies waarmee ek ook sukkel!” Dít gebeur omdat probleme met sensoriese integrasie meestal nie oplosbaar is nie, maar net verstaan en bestuur moet word. Daarom sal volwassenes noodwendig ingeperk wees indien hulle nie leer om hierdie probleem raak te sien en te lbestuur nie. (Vir meer inligting oor sensoriese integrasie: Kliek hier)
Wanneer die arbeidsterapeut die omvang van die probleem met behulp van kliniese observasie en ‘n gestandaardiseerde meetinstrument bepaal het, begelei sy die volwassene om die omvang en impak van die probleem te herken, om lewenstyl aanpassings te maak wat die effek van die probleem inperk en om ander persone (veral gesinslede) wat daardeur beïnvloed word te help om die probleem te verstaan en te help bestuur.
2. Hulp om haakplekke met naby verhoudings te oorkom
Haakplekke in naby interpersoonlike verhoudings (met lewensmaats, ouers, kinders, gesinslede, familie) het dikwels ‘n baie negatiewe impak op persoonlike funksionaliteit. Daarom is die arbeidterapeut e wekr om mense meer funksioneel te maak deur hierdie beperkende faktore op te los.Sodat die persoon se potensiaal beter tot uitdrukking kan kom.
3. Hulp om persoonlike funksionering te verbeter
Wanneer jy verstaan dat die arbeidsterapeut eintlik beter beskryf kan word as ‘n “funksionele terapeut”, sal jy verstaan waarom sy noodwendig ook proaktief sal werk met persoonlike funksionering. Dit gaan immers nie net oor genesing nie, maar ook oor groei, ontwikkeling, effektiwiteit en lewensvervulling. Daarom word in hierdiepraktyk ook klem gelê om die kreatiewe kant van menswees. Hierdie klem kom dan aan die een kant tot uitdrukking in die gebruik van kreatiewe media in die behandeling van die kliënt. Aan die ander kant kom dit tot uitdrukking ind ie gebruik van kunsterapie om die kreatiwiteit van die volwassene te stimuleer.
Hoewel daar baie areas is waarin arbeidsterapie met die volwassene gedoen kan word, lê die klem in hierdie praktyk op:
- Hulp met sensoriese integrasie
- Hulp met die herstel/bou van interpersoonlike verhoudings,en
- Hulp met persoonlike ontwikkeling deur die gebruik van kunsterapie
Kliek op hierdie skakel en ontdek meer oor die WERK VAN ‘N ARBEIDSTERAPEUT MET KINDERS WAT SENSORIESE PROBLEME HET
Kliek op hierdie skakel na KONTAK MY WEBBLAD