Arbeidsterapeut
Occupational Therapist
werk met babas
Die arbeidsterapeut se werk met babas….
Die ontwikkeling van ‘n baba gebeur in duidelik herkenbare fases. En dan op spesifike areas van ontwikkeling. Daarom kyk die arbeidsterapeut in elke fase na
- Growwe motoriese ontwikeling;
- Fyn motoriese ontwikkeling en visie
- Gehoor en spraak en
- Sosiale gedrag en spel.
Op elkeen van bogenoemde terreine is daar bepaalde mylpale wat op ‘n bepaalde ouderdom bereik moet word indien die kind normaal ontwikkel.
Miskien al ‘n voorbeeld help:
Op 8 maande ouderdom behoort ‘n kind die volgende mylpale te bereik:
- Growwe motoriese ontwikkeling:
Gewig op bene kan neem;
Self in sittende posisie kan kom
Op eie kan sit
Kruip
Met hande kan keer a somval - Fyn motoriese ontwikkeling:
Uitreik en voorwerpe vat
Voorwerpe na mond kan bring
Kleiner voorwerpe kan vat
Voorwerpe wat val/beweeg kan volg - Gehoor en spraak:
Begin praat = hoofsaaklik babbel
Lag
Reageer op eie naam
Reageer op harde klanke uit omgewing - Sosiale gedrag:
Bekende persone herken
oogkontak maak
Mylpale word gewoonlik op die volgende ouderdomme deur middel van kliniese observasie bevestig: 6 weke, 8 maande, 12 maande, 18 maande, 2 jaar en 3 jaar.
Indien die mylpale nie op die regte ouderdom bereik word nie, is dit ‘n teken dat terapie nodig is om die kind te stimuleer om die mylpale te bereik. Daarom word daar in elke fase ook gekyk na rooiligte (tekens dat die ontwikkeling nie reg plaasvind nie). Indien die kind (byvoorbeeld) op 8 maande steeds primitiewe reflekse gebruik om aksies mee uit te voer, is dit gewoonlik ‘n rooilig wat wys dat terapie nodig is.
Op hierdie manier word ontwikkelingsmylpale gebruik om te identisfiseer wanneer ‘n addisionele stimulasie nodig het. Of wanneer die kind verwys moet word vir verdere mediese evaluasie.
Gedurende hierdie ontwikkelingsfases gee die arbeidsterapeut ook in besonder aandag aan die sensoriese ontwikkeling en integrasie by die kind – as verdere hulpmiddel om te verseker dat terapie vir die kind maak pas ontwikkel word. (Kliek hier om meer daaroor te lees)
Uit die kliniese observasies en die uitslae van mediese evaluasies word dan ‘n individuele behandelingsprogram vir die kind ontwikkel – een wat hom help om die betaande blokkasies oorkom, wat hom help om aan te pas by mediese toestande en/of wat sy potensiaal (selfs al is dit ingeperk!) te verwesenlik.
Kliek op hierdie skakel en ontdek meer oor ARBEIDSTERAPIE MET PREEMIES
Kliek op hierdie skakel en ontdek meer oor SENSORIESE INTEGRASIE BY KINDERS